Sunday, April 12, 2009

Om te lei - maar waarheen?

Daar is ‘n groot verskil tussen om te lei en om te ly. Of is dit dalk dieselfde? As jy lei gaan jy ook noodwendig swaarkry. Jy gaan soms besluite moet neem wat dalk nie die gewilde besluit is nie, maar die regte een. Is dit nie wat met Jesus gebeur het toe Hy aan die kruis vir ons gesterf het nie? Hy was en is die grootste leier van alle tye – iemand om na op te kyk, iemand sonder sonde, iemand wat ons kan volg en weet dat ons nie verkeerd kan gaan nie.

Meeste van ons het skoolleiers in die vorm van klasleiers of ‘n leerlingraad, maar jy hoef nie as ‘n leier gekies te word om ook ‘n leier in eie reg te wees nie .... Jy kan ‘n leier wees op soveel ander terreine, by soveel ander aktiwiteite – ook by die kerk kan jy ‘n leier wees. Ja! Hoekom neem jy nie die leiding en ‘n begin ‘n groep vir iets waaraan daar ‘n behoefte is nie? Dit hoef ook nie tot kerklike aktiwiteite beperk te wees nie, maar kan enige omgewingskwessie aanspreek, bv. besoedeling (begin ‘n “Waverley Groen Groep”). ‘n dansgroep, of enigiets waaraan daar ‘n behoefte is en waarmee ons die Here se naam kan verheerlik en Sy werk op Aarde voortsit. Jy kan dit begin sonder geld of ander hulpbronne, jy hoef nie mooi of slim te wees nie - doen dit net! Onthou leiers staan nie stil nie, want as hulle stilstaan, beweeg hulle nêrens heen nie, en ‘n leier moet juis beweeg en die span vorentoe neem .... Wees ook verseker dat jy op ‘n paar tone gaan trap in die proses! Eina!

Ons wil graag hoor hoe julle leierskap toepas! Lewer gerus kommentaar op ons Tieners@Waverley blog.

Lees ook die volgende artikel oor watter groot leier Abraham Lincoln was: http://attie.wordpress.com/2008/07/14/abraham-lincoln-en-leierskap/

“Wat kan ons van Lincoln leer?
Hoe kan ek my mislukkings verander in suksesse?
Let op: elke keer as Lincoln misluk het, was hy terug om iets groters te doen. Hy het dikwels misluk, maar soos Maxwell sê: opwaartse mislukking. Dit beteken dat hy innerlik baie sterk moes gewees het. Daar was baie emosionele en professionele hekkies waaroor hy moes kom, maar nooit het ‘n terugslag hom permanent ondergekry nie.
Hoe dikwels laat ek en jy toe dat mislukking ons toekoms bepaal? Hoe het Lincoln daarin geslaag om uit elke mislukking te leer - om sterker anderkant uit te kom? Ons kan twee lesse by Lincoln leer:
Volharding. Dit is die kern en Lincoln was ‘n meester in volharding.
Glo in jouself. Lincoln het hom as ‘n leier gesien lank voordat hy een was. Dit was nie arrogansie of leë ambisie nie. Hy het ‘n doel in die lewe gehad wat die moeite werd was om na te streef.”

Volhard, bepaal JOU doel in die lewe, en weet waarna jy streef ... en werk dan daarvoor!

No comments:

Post a Comment