Thursday, May 28, 2009

Tiener-nuus 28 Mei

Hi julle

Onthou seblief die volgende belangrike datums:

Woensdag Jeugraadvergadering om 19:00 in die Koffiekroeg. Dit is om beplanning te doen vir die kuier van Vrydagaand.

Sondagaand 31 Mei se tema: Jesus was hier en Hy kom terug. 2 Petrus 1:16-21

Maandagaand 18:00 hou die Jeugbediening vergadering by 30ste Laan.

Pretloop: Vrydagaand 17:00 vanaf beide bedieningspunte gaan die kinders en tieners stap na die sportgronde van Villieria Laerskool. Daar gaan ons braai en kuier. Moet dit nie misloop nie!

Woensdagaand 18:00-19:00 is Boilerroom by C-laan. Die pitstop om weer energie te kry vir die week.

Hierdie week bid ons vir al die leerders en studente wat besig is met eksamen. Die volgende aanhaling vir inspirasie:

"He that is mastered by Christ is the master of every circumstance. Does the circumstance press hard against you? Do not push it away. It is in the Potter's hand. Your mastery will come, not by arresting its progress, but by enduring its discipline, for it is not only shaping you into a vessel of beauty and honor, but it is making your resources available."

Sunday, May 24, 2009

Nuus oor Marydale-uitreik

NB, NB, NB!!!

Ek het julle mos gesê ek sal vanmiddag gaan uitvind waaroor hierdie uitreik-groep gaan? Wel, hier is dit! Dit begin op Woensdag 23 September (dit is die dag wanneer die skole sluit). Daardie middag vetrek ons, en die aand kom ons daar aan en pak uit ens. Die volgende dag gaan ons dan met ons werk begin (die kinders vermaak) soos poppekaste, hansworse (natuurlik sal dit Ben wees!), optredes, mimmiek, musiek en speletjies. Ons sal omtrent elke dag by ‘n ander plek wees. Maar ons bly nogsteeds in Marydale se koshuis. Die Sondag sal ons weer vetrek.

Ons kort ‘n paar goed vir die uitreik bv. Musiek- woorde, cd’s en instrumente (en iemand wat kan begelei en mense wat sal kan sing). Elkeen sal ‘n werk daar hê. Ons benodig ook poppe vir die poppekas, speletjie idees, donasies, borge en klere ens. vir die drama. Almal is baie welkom. Ons kom elke Sondagmiddag om 16:00 bymekaar 30ste Ln bedieningspunt.

Afkondigings vir ons jeug

Hey almal!

Daar is net ‘n paar aankondigings wat op ons tieners betrekking het, maar dit is nogsteeds belangrik...

1. Daar word blikkies uitgedeel aan almal - jy kan van 5c tot R100 daarin plaas. Die datum vir wanneer die blikkies moet terugkom sal nog later aan julle gegee word. Die geld gaan ons gebruik om projekte te begin vir ons jongmense.
2. Julle, ons kort nog baie lekkers vir die Mark Oppie Sportgronde. Asb. - maak ‘n bietjie ‘n donasie?
3. Vanmiddag (24 Mei 3:30) moet almal wat wil deel wees van die uitreikspan by die kerk wees (30ste laan). Adolph gaan ons alles vertel van die nuwe groep. Ek sal later vannaand weer al die inligting opsit vir die wat dit nie kon maak nie.
4. Daar gaan ‘n mars wees 5 Junie, vanaf altwee bedieningspunte na L\s Villieria se sportgronde. Hulle sê verdere inligting sal gegee word, so hou maar die Blog dop!

Wednesday, May 13, 2009

'n Nuwe idee

Hey almal!

Kom julle agter dat die ekonomie agteruitgaan? Wel - ek het vanaand op die 7 uur nuus gesien dat hulle sê selfs klere en goed soos nuwe meubels is nou 'n luukse! Dink net - nou dat dit winter is, is dit vrek koud in die aande. Ek weet ek is veral nou baie dankbaar dat ek katte het, want hulle is net soos warmwatersakke - net nog beter want hulle koel nie af nie! Maar in elk geval, daar is duisende mense op straat wat selfs koerantpapier gebruik net om te voorkom om nie te verkluim nie...

My pa het vanoggend oor die radio gehoor dat hulle sê daar is 'n kerk in Johannesburg wat sakkies verkoop vir net R15, en in die sakkies is daar boontjies, soja maalvleis, 'n pakkie 2-minute noodles en 'n klein Bybeltjie. Die rede dat die kerk dit verkoop, is sodat mense die pakkies in hulle karre kan sit, en as hulle 'n bedelaar of boemelaar sien, die pakkie vir hulle kan gee.

Ek het toe gedink, hoekom raak ons jeug nie ook betrokke by hierdie tipe goed nie? As ons dalk komberse of iets kan uitgee dan kan ons die mense wat dit die meeste nodig het, help...

In Handelinge 4:32, sê die Bybel: ”Die groot getal wat gelowig geword het, was een van hart en siel. Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.”

So as julle enige idees het, laat weet my.(-: