Dr Bettie het vanoggend gepreek ‘Die genade van God was groot oor almal’. Haar hoofvers uit die Bybel was Handelinge 4:33: ”Die apostels het kragdadig getuig dat die Here Jesus uit die dood opgestaan het, en die genade van God was groot oor hulle almal.” Die vers net voor dit, Handelinge 4:32, sê: ”Die groot getal wat gelowig geword het, was een van hart en siel. Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.” Daarna het sy gevra hoekom was gelowiges so arm?
Hierdie goed het voor die monargie gebeur, wat beteken dit was voordat konings geregeer het. Die mense was selfversorgende gesinne wat ‘n lewe gemaak het deur hulle landbougrond te bewerk. Maar toe kom die konings in die prentjie en alles het verander. Die konings en hulle familie moes versorg word en hulle wagte en soldate moes betaal word, en wat het hulle toe gedoen? Hulle het die belasting verhoog. Die boere moes hulle landgoed verkoop.
Dr Bettie het ook ‘n storie vertel van ‘n krippel man en ‘n blinde man wat mekaar gehelp het. Maar toe daar ‘n leeu aankom het hulle verdeel en hulle kon nie sonder mekaar oorleef nie. Die leeu het altwee gevang...
Die dele wat sy uit die Bybel gelees het was:
-Eksodus 20
-Romeine 12:6, 9, 10
-Lukas 6:36
-Lukas 12:15-21
-Handelinge 4:32-37
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment