Wednesday, May 13, 2009

'n Nuwe idee

Hey almal!

Kom julle agter dat die ekonomie agteruitgaan? Wel - ek het vanaand op die 7 uur nuus gesien dat hulle sê selfs klere en goed soos nuwe meubels is nou 'n luukse! Dink net - nou dat dit winter is, is dit vrek koud in die aande. Ek weet ek is veral nou baie dankbaar dat ek katte het, want hulle is net soos warmwatersakke - net nog beter want hulle koel nie af nie! Maar in elk geval, daar is duisende mense op straat wat selfs koerantpapier gebruik net om te voorkom om nie te verkluim nie...

My pa het vanoggend oor die radio gehoor dat hulle sê daar is 'n kerk in Johannesburg wat sakkies verkoop vir net R15, en in die sakkies is daar boontjies, soja maalvleis, 'n pakkie 2-minute noodles en 'n klein Bybeltjie. Die rede dat die kerk dit verkoop, is sodat mense die pakkies in hulle karre kan sit, en as hulle 'n bedelaar of boemelaar sien, die pakkie vir hulle kan gee.

Ek het toe gedink, hoekom raak ons jeug nie ook betrokke by hierdie tipe goed nie? As ons dalk komberse of iets kan uitgee dan kan ons die mense wat dit die meeste nodig het, help...

In Handelinge 4:32, sê die Bybel: ”Die groot getal wat gelowig geword het, was een van hart en siel. Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.”

So as julle enige idees het, laat weet my.(-:

No comments:

Post a Comment