Sunday, July 19, 2009

Oor Diesel, Levi’s, Nike, Nokia, Billabong en nog meer ...

Dit is sooo nie cool as jy nie die regte jean of hemp dra nie - almal kyk jou sommer snaaks aan. Ken jy die gevoel? Veral as jy met ‘n plain, uitgewaste jean en met sneakers wat al deurgeloop is by die ysskaatsbane aankom!

Name soos Diesel, Levi’s, Nike, Nokia en Billabong is deel van ons tieners se woordeskat. As jy ’n ouer het wat kan bekostig om vir jou klere te koop met hierdie name, is jy soooo gelukkig! Die voordeel van hierdie klere is dat dit darem gewoonlik van baie goeie gehalte is, en die nadeel dat dit ’n groot gat in jou pa of ma se sak kan laat! Om alles te kroon bevind ons land homself ook nog in ’n resessie!!

Moet egter nie bekommer as jy nie “in” is omdat jy nie een van die handelsname dra nie. Die woord mode of fashion beteken dat jy klere dra wat by jou pas, en nie by jou rolmodel of action hero nie!! Jy moet gemaklik daarin wees en goed voel oor jouself... Maar die hoofvraag is... Hoekom gee jy om oor wat almal van jou dink en van jou sê?! Hulle is ook net mense, nes jy. Hulle raak ook honger en raak ook moeg. Ek het al gehoor dat mense wat ander afkraak, net hulle eie probleme wil toesmeer met ander se probleme en swakpunte...

God aanvaar jou nes jy is. Hy het jou dan self gemaak! En God maak nie foute nie. Hy het vir almal unieke opinies gegee. Want dink nou net hoe boring sou die lewe gewees het as almal dieselfde idees gehad het en almal oor alles saamgestem het en presies dieselfde klere gedra het. Jy moet jou eie lewe leef en nie in ander se skadu leef nie. Wees uniek op jou eie manier. Probeer in die proses om maar nie jou ouers te erg in die verleentheid bring nie! ;)

Het julle al agtergekom dat die in-goed eintlik altyd ou-goed is? Soos die ou musiek wat nou weer in is of deur DJ’s herskep word? Nou ja, God het vir ons verbeelding gegee om nuwe goed te probeer, party mense is net ’n bietjie lui... Hoekom skep jy nie jou eie look nie? Dit is mos nou mode... En wys vir almal jy is nie bang vir ander mense wat jou probeer afkraak nie. Want God is altyd aan jou kant en Hy is baie lief vir jou. En met Hom aan jou kant kan niemand ’n haar van jou raak nie.

As jy ’n gelowige is moet mense eerder jou as mens raaksien en Jesus in jou kan sien, en nie omgee oor die klere wat jy dra nie. Na my mening is die beste lable om te dra die van ’n Gelowige Christen, en dit uit te leef op skool en oral waar jy jou bevind. Hoop julle het ’n fabulous kwartaal!

Onthou om jou sê te sê deur op die "Comments" skakel te kliek! Wil graag hoor wat jy dink!

Monét

No comments:

Post a Comment